Gedagte vir die dag: Volhardende gebed

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Bid gedurig. (1 Tessalonisense 5:17)  

Een van die grootste teenslae in die gebedslewe is die feit dat die antwoord nie altyd so vinnig kom as wat ons verwag nie. Wanneer ons dit in gedagte hou, kan ons egter insien dat daar ’n rede vir die uitstel is. Ons begeerte moet dieper en sterker word, en ons moet met ons hele hart vra.

“Bid sonder ophou.” Jy sal vind dat dit onuitspreeklike seën inhou. Jy sal vra of jou gebed werklik volgens God se wil en sy Woord is. Jy sal jou afvra of jy in die regte gees en in die Naam van Christus bid. Hou aan bid, jy sal vind dat uitgestelde gebedsverhoring een van die kosbaarste instrumente van God se genade is.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.