Gedagte vir die dag: Doen jou deel

Argieffoto (Foto: Aaron Burden/Unsplash)

“Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía” (Matthéüs 17:4).

Skrifgedeelte
Matthéüs 17:4

Oordenking
Petrus, Jakobus en Johannes het Jesus se verheerliking op die berg gesien en die teenwoordigheid van die almagtige God beleef. Petrus wou hê hulle moes daar bly, maar Jesus het gesê hulle kan nie daar bly nie, nie daar waar dit lekker, veilig en vredevol is nie. Hulle moet afgaan in die vallei waar die mense is. Ons moet ons moue oprol en voorbereid wees om vuil te word as dit nodig is om die armes, die behoeftiges, die weduwees en wese te help, selfs al misbruik hulle ons.

Waarom kan ons ons nie veilig afskei van die aakligheid wat in hierdie verwronge ou wêreld aan die gang is nie? Wel, omdat Jesus die prostitute, die dwelmverslaafdes, die diewe liefhet, nie dat Hy hou van wat hulle doen nie, maar Hy het hulle lief en wil hulle help. Die eerste ding wat gebeur het toe Jesus van die Berg van Verheerliking af gekom het, was dat ʼn skare mense Hom tegemoetgekom het. ʼn Desperate pa het na Jesus toe gekom en gesê: “Help my, asseblief, my seuntjie is epilepties” en Jesus het hom daar en dan genees. Ons moet betrokke raak by mense.

Onthou, eers die berg en dan die bediening. Ons moet die balans regkry. Bring eers tyd deur saam met die Here en gaan dan af na die vallei en help die mense.

  • Hierdie oordenking verskyn in Op pad met God deur Angus Buchan. Dit word goedgunstig deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.