Gedagte vir die dag: Gee van jouself

Argieffoto (Foto: Nathan Mcbride/Unsplash)

“In alles het ek vir julle ’n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.’” (Handelinge 20:35)

Skrifgedeelte
Handelinge 20:35

Oordenking
Gee iets van jouself weg: ʼn kosbare paar minute, ʼn paar rand,  ʼn geskenk, klere, ʼn kuiertjie by iemand wat eensaam is, ʼn gebed, ʼn ondersteunende hand op iemand se skouer, ʼn oor wat luister. Paulus herhaal hier wat Jesus gesê het: Om te gee maak ʼn mens gelukkiger as om te ontvang. Jy kan dit gerus glo en doen. Jesus is vir ons die perfekte voorbeeld van gee. Hy het alles gegee. Hy het sy eie lewe as ʼn geskenk vir ons gegee.

Om te gee bring jou lewe in ooreenstemming met die evangelie. Dan leef jy volgens die basiese leerstellings van God se koninkryk. In hierdie wêreld wil almal soveel moontlik ontvang. In God se wêreld gee mense  ʼn deel van hulleself. Hoe meer hulle gee sonder om iets terug te verwag, hoe meer hemelse vreugde is daar op aarde. Om van jouself te gee is om God se karakter in jou lewe te openbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.