Gedagte vir die dag: Moenie jou bekommer nie

Argieffoto (Foto: Priscilla du Preez/Unsplash)

“Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie” (Lukas 12:22).

Skrifgedeelte
Lukas 12:22

Oordenking
Jesus sê ons moet ophou om ons te bekommer. Bekommernis help ons nie, dit maak ons net siek. Dit maak ons verward; dit laat ons in die verkeerde rigting beweeg en laat ons swak besluite neem. Moet jou nie oor môre bekommer nie; die Here sê vandag het genoeg van sy eie probleme (Matteus 6:34). Waarom bekommer jy jou oor môre? Ons moet een dag op ʼn slag vat. Ons lees in Matteus 6:33: “Maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.” Doen jou bes en laat die res dan aan Jesus oor.

Miskien is jy ʼn student wat bekommerd is oor jou eksamen. Leer hard. Doen jou bes en laat die res aan God oor. Jy sal verbaas wees oor hoe die antwoorde by jou opkom wanneer jy eksamen skryf. Miskien is jy ʼn sakeman wat eenvoudig nie weet wat om môre te doen nie. Doen net vandag wat jy kan; die Here sal vir die res sorg. Miskien het jy ʼn mediese probleem en jy weet nie wat om daaraan te doen nie. Vra vir God, laat dit by Hom en gaan aan met jou lewe.

Kom ons begin om God te vertrou en hou op om ons te bekommer. Hou jou oë op God gevestig, die Outeur van jou geloof wat ook jou geloof vervolmaak.

  • Hierdie oordenking verskyn in Op pad met God deur Angus Buchan. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.