Gedagte vir die dag: Onthou aan Wie jy behoort

Argieffoto (Foto: Aaron Burden/Unspalsh)

“Julle hart behoort oor te loop van blydskap omdat julle aan die Here behoort. Ek sê weer, julle moet baie bly wees” (Filippense 4:4).

Skrifgedeelte
Filippense 4:4

Oordenking
Ons vergeet so gou. Al het ons duisend maal gehoor dat God ons liefhet en dat ons sy kosbare kinders is, vergeet ons dit die oomblik wat die lewe ons stamp. Dan sien ons net die swartgallige prentjie van alles wat verkeerd is.

Onthou vandag ’n slag dat die hemelse Vader jóú uitgekies het om eendag langs sy troon te sit. Onthou dat Hy aan jou belowe dat Hy jou nie een oomblik van jou lewe alleen sal laat nie, dat jy deur Hom enige situasie kan hanteer en dat Hy jou elke dag met sy liefde wil omhels. Skryf die woorde van Filippense 4:19 op jou hart: “Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort”.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.