Gedagte vir die dag: Selfloos

Argieffoto (Foto: Patrick Tomasso/Unsplash)

“Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want die koninkryk van die hemele is húlle deel” (Matthéüs 5:3).

Skrifgedeelte
Matthéüs 5:3

Oordenking
Ons moet vandag volledig afhanklik van Jesus wees. Ons moet baie eerlik met onsself wees en erken dat ons absoluut niks sonder God kan doen nie. Ons kan selfs nie eens ander help sonder God nie. Hoe kan een blinde ʼn ander blinde lei? Dit is onmoontlik. Wanneer ons aan onsself sterf en leeg word van onsself, kan God ons gebruik om ander te help. Ons kan nie ʼn verdrinkende persoon help as ons nie kan swem nie.

Toe ek en Jill gered is, wou ek die plaas weggee. Ek wou Bybelkollege toe gaan en ʼn pastoor word. Maar ek het God duidelik in my hart hoor sê: “Bly op die plaas en maak plek vir ander mense.” Dit is wat ek gedoen het en steeds doen. William Duma, ʼn veewagter op ons plaas, het Jesus op ʼn baie spesiale manier ontmoet en homself heeltemal afgelê. Hy doen niks sonder God se toestemming nie. Hy is eendag uitgenooi om saam met ʼn groep predikers Israel toe te gaan. Almal het die uitnodiging gretig aanvaar en gesê: “Baie dankie, ons sal graag gaan.” Maar nie William Duma nie. Sy antwoord was: “Kan ek julle môre laat weet?  Ek moet eers vandag by my Here toestemming vra.”

Ons moet leeg word van onsself. Ons moet ruimte in ons binnekant maak sodat God ons met sy goedheid kan vul en ons ʼn seën vir ander kan wees.

  • Hierdie oordenking verskyn in Op pad met God deur Angus Buchan.  Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.