Gedagte vir die dag: Vuurwarm

Argieffoto (Foto: Joshua Newton/Unsplash)

“Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele” (Lukas 9:26).

Skrifgedeelte
Lukas 9:26

Oordenking
Ons moet vandag standpunt inneem en ons stem hoorbaar maak – dit is nie opsioneel nie. Die moeilikste plek om ʼn Christen te wees, is in jou dorp en jou omgewing. Dit is baie makliker om daar ver in die wêreld ʼn Christen te wees waar niemand jou ken nie.

In my ouderdomsgroep het mense alreeds besluit wat hulle van ons dink en ons het ons saak gestel. Maar vir die jonger generasie is dit ʼn opdraande stryd in ʼn onsimpatieke en dikwels ongenaakbare samelewing, veral in die skool of op universiteit. Die beste ding om te doen is om, van die eerste dag af dat jy by die skool of universiteit kom, standpunt vir Christus in te neem – reg van die begin af. Die slegste ding vir ʼn jongmens is om lou te wees – dan warm en dan koud. Niemand sal jou daarvoor respekteer nie. Die een dag jag jy saam met die honde en die volgende dag hardloop jy saam met die hase. Dit werk nie.

Jesus het self gesê: “Ek ken jou handel en wandel. Ek weet dat jy nie koud of warm is nie. Was jy tog maar net koud of warm. Omdat jy so louwarm is, nie warm nie en ook nie koud nie, is Ek op die punt om jou uit my mond te spoeg” (Openbaring 3:15-16). Kom ons wees vuurwarm vir die Here Jesus Christus.

  • Hierdie oordenking verskyn in Op pad met God deur Angus Buchan. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.