Gedagte vir die dag: Wanneer jy gekoester word

Argieffoto (Foto: Joel Muniz/Unsplash)

“Die Here was baie goed vir my. Ons God het my soos ʼn ma in sy liefde toegevou” (Psalm 116:5).

Skrifgedeelte
Psalm 116:5

Oordenking
Koesterliefde is die liefde van ʼn ma vir haar baba, van ʼn jong verliefde paartjie teenoor mekaar, van ʼn dierbare vriendin wat opreg omgee en van die Vader vir jou! Ja, God se liefde hou jou met teerheid in sy arms, dra jou op sy hande en kyk na jou met die grootste deernis.

Laat jy toe dat God jou koester? Of is jy so besig om “self” te probeer oorleef dat jy Hom nie toelaat om dit te doen nie? Dalk mis jy juis as gevolg van jou onafhanklikheid en selfstandigheid jou Vader se heerlike teerheidsliefde vir jou.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here Jesus U het vir ons die pad van die grootste em mooiste suiwerste liefde gestap wat die wêreld nog ooit gesien of van gehoor het…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.