Gedagte vir die dag: Elke dag genade vir die toekoms   

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut (Klaagliedere 3:23)

Dit is dikwels makliker om met jou eie pyn saam te leef as om toe te kyk hoe geliefdes met hulle pyn saamleef. As jy na die toekoms kyk en onrus pluk aan jou hart, is dit dalk omdat jy jou nie kan voorstel dat daar enige hoop en ’n toekoms vir jou kinders is nie. Dit lyk of hulle onbekende terrein sal moet Betree. En omdat jy nie weet hoe hulle reis dan sal lyk nie, maak dit jou bang.

Haal diep asem en skep moed. God het belowe dat sy genade genoeg is vir die reise van elke volwassene, elke kind en elke kleinkind (2 Kor. 12:9). Hy sal vir élkeen ’n pad voorberei, selfs wanneer dit lyk of die pad wil doodloop. Sy planne is volmaak en Hy is sterk genoeg om dit uit te voer.

Almagtige God, ek is dankbaar dat U reeds in die toekoms is, al lê daar dalk nog moeiliker tye voor. Dankie dat U aan ons en ons kinders die vermoë sal skenk om te dra wat ook al oor ons pad kom. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Maria ·

sjoe trane oe vanmore sjoe Here goed weet presies wat jou gedagtes en jou hart is dankie vir wonderlik mooi goeie nuus Vadder. Vanmore hierdie boodskap ook gekry Josua 1:9

Lena Jonk ·

Dankie ons Almagtige Vader vir die groot Genade wat ons nog elke dag uit U Hand ontvang. Ons weet en vertrou net op U dat U die toekoms van dinge in U Hand hou. Hou asb al U kinders vas en bring ASB sondaars tot bekering. As U geeer word in n land sal dit goed gaan. Gee ons Genade om aan te hou bid en nie moedeloos te word nie. Alle Eer en Lof aan U.

Annette ·

Dankie Vader, vir genade onbeskryflik groot!!! Vergewe ons as ons partykeer bietjie vergeet en bang raak vir die golwe om ons…

Von ·

Here aan U kom toe al die lof en die eer….in Romeine gee U ons die versekering dat niks ons kan skei van U liefde nie….niks nie…ek neem hierdie belofte asook U Woord vir myself en vir ons pragtige land……dankie Here Jesus vir onmeetbare genade….Amen en Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.