Gedagte vir die dag: Gesamentlike gebed

mense_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed. (Handelinge 1:14)

God se kinders kom bymekaar om hulle hart in verenigde gebed tot God op te hef. Daardeur word Christene nader aan mekaar getrek. Diegene wat swak is, word deur die getuienis van die ouer, meer ervare lede versterk en bemoedig, en selfs jong Christene het die geleentheid om hulle vreugde in die Here met ander te deel.

Deur voorbidding word God se seën uitgestort. Gebed behoort God se mense en sy kerk reg oor die wêreld in te sluit. Jou lewe is deel van die liggaam van Christus. Net soos die boomwortels diep onder die aarde deel vorm van die takke wat na die hemel uitstrek, is die verborge gebedslewe onafskeidbaar deel van gesamentlike gebed.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

Dankie Vader, Seun en Heilige Gees, dat ek vir mense oor die hele Wêreld kan bid, veral ons stukkende land. Dat ander vir my kan bid.
Amen

Yvonne ·

Heer dankie vir die voorreg om tot U troon te kan nader in gebede ….U is my Skuiling en my Rots…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.