Gedagte vir die dag: God die Seun

bankie-meer-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus. (Romeine 1:7)

Daar is tye wanneer ’n mens hoofsaaklik tot God die Vader bid. Maar dit kan tot geestelike armoede lei as ons nie besef dat dit slegs deur geloof in Christus is dat ons blywende gemeenskap met God kan hê nie. As jy God waarlik wil ken en aanbid, moet jy Hom in Christus soek en aanbid. En as jy Christus soek, moet jy Hom in God soek en aanbid. Dan sal jy verstaan wat dit beteken dat jou lewe saam met Christus in God verborge is.

Maak tyd om te mediteer en te glo. Stel jou verwagting in God die Vader wat op die troon heers en in die Here Jesus Christus. Dan sal jy leer om God waarlik te aanbid.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

FM ·

God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.
Die eenigste, drie enige, ware God.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.