Gedagte vir die dag: God is genadig met jou

Die Here God vra vir die vrou: “Hoe kon jy so ’n ding doen?” “Die slang het my bedrieg,” antwoord sy. “Dis hoekom ek geëet het.” (Genesis 3:13)   

Dit is glad nie lekker om te weet jy is verkeerd nie. Om dit te erken, is selfs nog moeiliker. Wat sal ander mense van jou dink? Wat sal almal sê? As jy egter hieroor kan kom, sal jy agterkom dit maak jou regtig vry wanneer jy jou tekorte en foute kan herken en erken. Ek praat nie van daardie “ja, maar … ”-belydenisse nie. Onthou jy nog Adam en Eva se flou poging in Genesis 3? Hulle het vinnig-vinnig die blaam vir hulle foute verskuif. Adam het gesê dis Eva se skuld, en sy het die slang blameer. Moenie dit doen nie. Dit maak net dat jy nog meer verdedigingsmeganismes in plek moet stel om jou verkeerd-wees toe te smeer. Dit maak jou hard en oneg.

Die Here wil ook nie hê jy moet dit doen nie. Hy kan net iets doen met ’n hart vol berou. Hy kan verkeerde dinge afskryf en nuut begin. As God dit vir jou doen, kan jy ook ’n bietjie meer genadig met jouself wees. Dan kan jy eerlik erken wanneer jy verkeerd is.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.