Gedagte vir die dag: God nooi jou om te getuig onder die verlorenes

 Kronkelpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maak klaar en gaan na die groot stad Nineve toe! Praat ernstig met hulle, want Ek het hulle slegte lewenswyse raakgesien. (Jona 1:2)

Jona het ’n onmoontlike opdrag van God ontvang. Gaan na ’n vreemde volk se hoofstad, wat in beheer is van die politieke toekoms van jou mense, en vertel vir hulle hoe sleg hulle is. Jona was nie gereed vir hierdie taak nie. ’n Gebrek aan liefde, sy haat en hoogmoed het hom daarvan weerhou om sy opdrag uit te voer. Wat weerhou jou daarvan om Goddelike uitnodigings te aanvaar?

Heerser van die heelal, my eie mense lyk soos Nineve: onsedelik, magsugtig, vol haat teenoor verskillende groepe. God, rig U ’n uitnodiging aangaande die slegte lewenswyse van hierdie nasie? Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Connie

Wat God vir Ninevi gedoen het kan hy mos ook vir Suid Afrika doen.

Johan

Ja die Here will vir suid Afrika red maar ñ boer plant op ñ sondag wat nie reg is nie daar in Canada moet die boere op sondag stroop en plant anders is die snou op jou hier is dit nie so nie

SNEL

Ek was al in die Sabbat kerk, liefdevolle en opregte mense. Glo baie in elke woord van EG White. Maar die feit dat hulle so hammer op die Sabbat is hartseer en die 144000 in Openbaring is volgens hulle net mense van hulle kerk wat die Sabbat gehou het. Die 666 volgens hulle is ook die Sabbat wat niemand hou nie en nie n merk waar sonder mens nie kan koop of handeldryf nie. Die Sabbat was die Isrealiete se vryheidsdag as mens dit so kan noem wat in Deut 5:15 gegee was aan hulle om die uittog uit Egipte… Lees meer »