“En dit is hoe julle Hom sal herken: Julle sal ’n Kindjie vind wat in ’n krip lê en in doeke toegedraai is!” Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir almal in wie Hy ’n welbehae het.” (Lukas 2:12-14)
Jaar ná jaar word die Kersverhaal deur kindergroepies opgevoer. Ons hou partytjies en deel geskenke uit en versier ons huise en strate met veelkleurige liggies. Tog verstaan ons so min van wat daardie nag gebeur het.
Ons verstaan nie dat die hemel letterlik aarde toe gekom het nie. Ons hoor nie goed genoeg wat die engele sing nie: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ʼn welbehae het” (Lukas 2:14, Bybel in Afrikaans 1983/1992).
Die God van die hemel word mens op aarde vir die mense vir wie Hy liefhet. ʼn Kind word in ʼn losieshuis se agterplaas tussen plaasdiere gebore, eenvoudiger en minder eervol kon dit nie wees nie. Die grote en almagtige God word mens vir mense. Hy trek vir Hom die broosheid en afhanklikheid van ʼn mensekind aan. Hy stel Hom in die gestalte van ʼn mens bloot aan ʼn God-vyandige wêreld.
So waar, ons verstaan so min van daardie nag! Dankie Here dat ons U kinders kan wees en U genade kan ervaar. Dankie dat U mens geword hét om ons lyding te ervaar