Gedagte vir die dag: Die Here van die binnekamer

Stiltetyd-31.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid. (Matteus 6:6)

Dit was Christus se begeerte dat sy dissipels God as hulle Vader moes ken en dat hulle binnekamer-gemeenskap met Hom moes geniet. In sy eie lewe het Hy dit nie net onontbeerlik gevind nie, maar was dit ook sy grootste vreugde om sy Vader alleen te ontmoet. Hy wil hê ons moet besef dat dit onmoontlik is om ware, oorgegewe dissipels te wees sonder daaglikse gemeenskap met ons hemelse Vader wat in ons binnekamer op ons wag.

God wil ons die saligheid van intieme gemeenskap met Homself gee. Ons behoort die vernuwing van ons geestelike lewe daagliks na te streef deur in gebed tot die Vader te nader.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.