Gedagte vir die dag: Hoe om God se Woord te lees

Vrou_strand_stiltetyd_lees-Bybel_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. (Psalm 1:1-2)

Lees God se Woord met ontsag. Laat Hom toe om sy Woord in jou hart te openbaar. Lees aandagtig. Hoe ver is God se gedagtes nie bokant ons s’n verhewe nie!

Lees met die verwagting dat God se Gees jou sal lei. God se Gees is die enigste Een wat die Woord ’n lewende krag in ons hart en lewe kan maak. Onthou dat God se Woord en sy Gees onskeibaar is. Lees met die vaste voorneme om die Woord dag en nag in jou hart en lewe te bewaar. Jou hele hart en hele lewe moet onder die Woord se invloed kom.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Vader Seun en Heilige Gees….Lof eer en dank kom U toe tot in alle ewigheid…Amen

FM ·

Amen

Dankie Here dat ek ‘n Bybel het en sonder verdrukking dit mag lees en U Woord versprei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.