Gedagte vir die dag: Hy sal jou gesond maak

Jesus_kleed_stiltetyd.jpg

Foto: freebibleimages.org

Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek gaan jou gesond maak, en jy sal oormôre weer na die huis van die Here toe kan gaan. (2 Konings 20:5)

Toe koning Hiskia ernstig siek word, bid hy dat God hom sal genees. En God verhoor sy gebed. Hy belowe om hom gesond te maak sodat hy sommer die dag ná die volgende dag weer die tempel sal kan besoek.

In tye van siekte kan jy vir seker weet dat die Here na jou gebede luister en dat Hy jou gesond sal maak as dit in ooreenstemming is met sy wil. En selfs al word jy nié gesond nie, kan jy vir Hom getuig op jou siekbed.

Die groot Geneesheer ken sy pasiënte so goed dat Hy nooit die verkeerde medisyne van die rak afhaal nie. ~ Maretha Maartens

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here U ons Groot Geneesheer vir liggaam en siel…Amen

Willem ·

Die Here het my genees van ń baie groot ongeluk. Ek kan Hom net elke dag dankie sê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.