Gedagte vir die dag: In die elkedagse lewe    

vrede_berg_see_arms-uitgestrek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Niemand kan sê: “Jesus is die Here” nie, behalwe deur die Heilige Gees. (1 Kor 12:3)        

Petrus, Jakobus en Johannes het saam met Jesus teen die berg op gegaan waar Hy verheerlik is (Matt 17:1- 13). Hulle was oorweldig toe hulle hoor hoe God met sy Seun praat, toe hulle vir Moses en Elia daar met Jesus sien praat. Hulle het vir Jesus gesê: “Here, laat ons hier hutte bou vir U. Kom ons bly hier.” Die Here het gesê: “Nee, ons moet teruggaan na die vallei, want dit is waar die mense is. Ons moet teruggaan na die gewone, alledaagse, eentonige lewe, want dit is die ware lewe.” Dit is in die alledaagse lewe waar ons God die beste kan dien. Veral in die normale lewe en nie net tydens die bergtop-ervarings nie, moet jy deur die krag van die Heilige Gees verkondig: “Jesus is die Here.”

As jy God se boodskap hier op aarde wil verkondig, wil ek jou nou uitdaag. John Wesley het eenkeer vir predikers gesê: “As julle nie minstens vyf uur per dag die Woord van God en Christelike literatuur lees nie, verander julle nering.” Dit is nie maklik om die evangelie te verkondig nie. Dit verg dissipline: om Goddelik te leef, om gehaltetyd by God deur te bring, om die Woord te bestudeer, om mense se voete te was, om in jou gemeenskap betrokke te raak. Dit kan uitputtend raak.

Die goeie nuus is dat ons die Gees van God ontvang het. Hy sal aan ons die krag gee om aan almal te verkondig: “Jesus is die Here!”

Here, ek wil u goeie nuus in hierdie wêreld verkondig. Skenk my die krag van u Gees om u getuie te wees in die alle daagse lewe en nie net tydens die ervarings op die bergspits nie. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.