Gedagte vir die dag: Jou Herder

Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Foto: Carbonchurch.com

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. (Psalm 23:1-3)

Is jy moeg vir al die angstigheid en terneergedruktheid in jou lewe? Het jy vandag vrede nodig? Het jy lei ding nodig? Is jy moeg van die uitsiglose omstandighede, van die teleurstelling in die land se politieke situasie, in jou familie se situasie, in jou gesondheid of in jou geldsake? Kyk vandag weg van hierdie dinge af en vertrou op Jesus. Hy is jou Herder. Jy sal niks kortkom nie. Hy sal jou soos ’n eregas ontvang en jou met hartlikheid oorlaai.

Jou Herder is ook die Lig vir die wêreld. As jy Hom volg, sal jy nooit in die duisternis wandel nie, maar die lig van lewe ontvang (Joh 8:12).

Jesaja 26:3-4 sê die Here sal aan jou vrede en voorspoed gee omdat jy jou vertroue op Hom gestel het. Vertrou op Jesus en sy onwankelbare liefde. Hy sal jou vul met sy vrede wat alle ver stand te bowe gaan. Hy sal jou op die regte pad lei. Selfs al moet jy deur donker dieptes gaan, sal jy nie bang wees nie, want Hy is by jou (Ps 23:4). Plaas jou vertroue in sy onverganklike liefde en laat jou hart in Hom vreugde vind.

Ek bid vandag dat God jou lewe tot oorlopens toe vol vrede en vreugde sal maak omdat jy op sy heilige Naam vertrou.

Vader, ek sê vir U dankie dat ek op U kan vertrou. Dankie dat u Woord belowe dat as ons eers u koninkryk en u wil soek, U al die ander dinge vir ons sal gee. Vandag vra ek vir u vrede en vreugde in my lewe, Here. Ek vertrou dat U my gebed sal beantwoord.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Von ·

Here U genade is vir my genoeg….ek eer U…U sorg vir my..dankie Here

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.