Gedagte vir die dag: Jy sal nie oorweldig word nie

vrou_meer_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland. (Jesaja 43:2-3)  

Ons is in ’n stryd teen die bose gewikkel, maar in Christus het ons die oor winning. Jy ly dalk selfs al doen jy jou bes. Jy sê: “Angus, ek gee my tiende, ek bid, ek gaan kerk toe en met God se hulp maak ek my kinders reg groot.” Die Here sê: “Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!”  (vers  1). Dit gaan sleg met jou besigheid ten spyte van jou beste pogings; jou oeste misluk; jy het jou werk verloor. God sê vir jou: “As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere  –  hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie  brand  nie.  Want  Ek  is  die  Here,  jou  God,  die  Heilige  van  Israel,  jou  Heiland” (vers 23).

As jy deur die vuurgloed van beproewing gaan, is die Here langs jou; Hy versterk jou. Hy straf jou nie; weet dit en verstaan dit! Hy mag jou egter tugtig! “Erken dan in jou hart dat die Here  jou God jou onderrig soos ’n man sy seun onderrig”  (Deuteronomium 8:5). “Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem”  (Hebreërs  12:6).  Wat  beteken “tugtiging”? Wel, om iemand te tugtig is om daardie persoon te straf met die doel om hom te  verbeter.

Die Bybel sê in Romeine 8:1: “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.”  As jy jou lewe vir Jesus gegee het, weet jy dat beproewing jou in staat stel om God, jou Vader, beter te dien en sy doel vir jou lewe te vervul.

My Vader, ek  onderwerp myself vandag aan u wil vir my lewe. Ek besef dat ek in ’n stryd gewikkel is teen die bose. Ek is so dankbaar dat, ten spyte van omstandighede, ek u versekering het dat U my verlos het, en dat ek aan U behoort.  Amen.

Bron: In stilwees en vertroue deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat U U Heilige Gees gestuur het om altyd by my te wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.