Gedagte vir die dag: Liefde en vergifnis

Jesus_kleed_stiltetyd.jpg

Foto: freebibleimages.org

Toe die Fariseërs sien dat Hy saam met sulke berugte sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Hoe kan julle leermeester saam met sulke immorele karakters eet?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie – die siekes wel.” (Markus 2:16-17)

Jesus het seksuele sondaars liefgehad en vergewe. In ’n kultuur wat onsedelike vroue genadeloos gebrandmerk het as die ergste sondaars, het Jesus na hulle uitgereik en hulle lewens aangeraak – die Samaritaanse vrou (Johannes 4), die vrou wat skuldig was aan owerspel (Johannes 8) en die onsedelike vrou (Lukas 7).

Seksuele sonde is ernstig, maar dit lê nie buite Jesus se genade en vermoë om te vergewe nie. Jesus verstaan ook seksuele versoeking: “Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie” (Hebreërs 4:15).

Wat beteken dit vir ons? Absolute versekering en ’n vaste hoop!

Die evangelie is die lewe van Jesus vir sondaars. Hier vind die gebrokenes bemoediging, want in Christus is ons vrygespreek. – Joe Thorn

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat U my sondes met U bloed gereinig het….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.