Gedagte vir die dag: Liefde kweek liefde  

Sonsondergang - Boekevat - Foto: C Brits

Foto: Christo Brits

Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. (1 Johannes 4:19)     

Enigiemand kan ’n emosielose bewondering hê wanneer hulle God se werke bestudeer, maar die warmte van God se liefde word net deur God se Gees in harte aangewakker. Dit is ongelooflik dat ons sover gebring is om Jesus lief te hê. Ons het teen Hom gerebelleer en dit is wonderbaarlik dat Hy ons na Hom wil terugbring.

Nadat God se liefde in ons harte gebore is, moet dit deurentyd deur Hom gevoed word. Liefde is ’n eksotiese plant; dit groei nie van nature in die menslike aard nie. Dit moet spesiaal van bo af natgegooi word. As dit geen voeding ontvang behalwe dit wat dit uit ons harde harte kan haal nie, sal dit gou verwelk. Dit vereis hemelse voeding. Dit kan nie in die wildernis bestaan as dit nie God se manna ontvang nie. Liefde moet op liefde voed.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.