Die Ierse rugbyspan het nóg ʼn uitklopwedstryd weg van die huis gewen toe hulle die Stormers in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap geklop het.
Lees meerAlles vir Saterdag 27 Mei 2023
Gemeenskapsteater is ’n plek waar kinders woeker met talente
Hy wou iets bou wat sy liefde vir die kunste en onderwys kombineer. Só het hy die The Shack Theatre tot stand gebring. Sommer so in sy agterplaas. Maretha Botes het met Freek Oersen, dramatowenaar, gesels oor hoe hy die gemeenskap ophef deur die uitvoerende kunste.
SA het oog op luukse ekstra suiwer olyfolie- mark
Hoekom jou olyfolie 10 000 km ver laat aanry? Suid-Afrika se olyfolie ding mee met die bestes ter wêreld – en die bedryf mik na ʼn al hoe groter gedeelte van dié winsgewende internasionale mark.
Bulle smoor Pumas, maar sonder bonuspunt
Die Blou Bulle het Saterdag in Mbombela die deur oopgehou om vir die uitspeelrondes van die Curriebeker-reeks te kwalifiseer, maar vir die Pumas bly dit ʼn opdraande stryd.
Oud-SA’ner, nog 11 sterf vanjaar reeds op Everest
Dr. Pieter Swart (64) het siek geraak in die gebied bo 8 000 m wat as die “doodsone” bekend staan weens die dun lug en lae suurstofvlakke.
Neem deel: Vloek jy in Afrikaans of Engels?
“Vir hierdie studie om te slaag, wil ʼn mens juis ook die stemme van mense hoor wat sê hulle vloek nooit of min nie.”
Wat doen kragminister nou eintlik? Presidensie antwoord
Die presidensie sê dit is eintlik heel eenvoudig wat van Kgosientsho Ramokgopa verwag word en hoe sy titel verskil van onderskeidelik die bestaande minister van minerale hulpbronne en energie en die minister van openbare ondernemings.
SA gholf-wendroogte kan nog lank duur
Plaaslike gholfliefhebbers wonder oor wanneer en óf daar ooit weer ʼn SA wenner van een van die spel se vier grotes gaan wees. Die huidige flou SA aanslag op die major-titels laat dit lyk of die wendroogte ook nie gou gebreek gaan word nie.
Nazi-tekens op blokke kokaïen gekry
Owerhede in Peru het voorheen al kokaïen met verskeie vreemde simbole daarop gevind, maar nog nooit voorraad met die Nazi-kenteken nie.
Nog baie skop in die 39-jarige Ruan Pienaar
Min doodsnik-strafdoele soos in Saterdag se Curriebekerwedstryd tussen die Cheetahs en Griekwas in Bloemfontein was vir die toeskouers meer genotvol.
Reykjavík veel meer as wol en humor
Op een van die vele klein pleine of vierkante in Reykjavík, pryk die woorde: “All is well” in drie tale – Sweeds, Engels en Yslands. Dis nie net die titel van ʼn Ólafur Haukur Símonarson-album nie, dis ook heeltemal in die kol as jy Ysland se gasvryheid en natuurskoon gaan ervaar, skryf Maryke Roberts.
Veldhospitaal opgerig vir ‘nóg meer’ pasiënte met diarree, cholera
Die Gautengse departement van gesondheid sê die dodetal het Vrydag verder gestyg.
Steve dink Engelse moes Eddie gehou het
Steve Hansen meen dat Engeland ʼn makliker Wêreldbeker-pad as van die ander spanne kan volg, maar hulle gaan waarskynlik steeds nie met die louere wegstap nie.
Man vas wat glo mediese sertifikate verkoop
Dit is in hierdie stadium onduidelik hoeveel mediese sertifikate hy al verkoop het, maar nietemin staar aanklagte van bedrog hom in die gesig.
Jong Garsie-diskusgooier is goud werd
“My droom is om vir nog baie jare aan die Paralimpiese Spele deel te neem en oral waar ek gaan die naam van die Here te verkondig en my lig te laat skyn.”
Stormers sal nie sommer van meesterplan wyk
Die Stormers het 107 punte meer as Munster dié seisoen aangeteken. Maar ʼn eindstryd begin beslis op ʼn skoon bladsy.
ActionSA soek duidelikheid oor Thabo Bester se bankrekeninge
Vrae word nou gevra oor hoe die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester daarin kon slaag om sonder ʼn geldige identiteitsdokument ʼn bankrekening vanuit die Mangaung-gevangenis te open.
Waterkrisis dreig as departement nie ingryp
Na gelang van die jongste cholera-uitbreking het die DA besluit om ʼn dringende en landwye oorsigbesoek aan alle watersuiweringsaanlegte te begin.
Shubman moker Titans tot in eindstryd
Die 23-jarige openingskolwer het 17 grenshoue gemoker en hy het die oranje pet by Faf du Plessis afgerokkel.
Unisa ‘ver van ineenstorting’, sê raad
“Die universiteitsraad is oortuig dat hierdie belangrike Afrika-bate steeds ʼn akademiese instelling is wat aan nasionale en globale gehalteversekeringstandaarde voldoen, terwyl dit administratief en operasioneel lewensvatbaar is.”