Gedagte vir die dag: God is meer as wat  ons van hom weet, maar hy is nie anders

arend_vlieg_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Daar is drie dinge wat vir my te verbasend is, nee, eintlik is daar vier wat ek glad nie kan verstaan nie. (Spreuke 30:18)      

Die skrywer van Spreuke 30:1819 sê daar is drie, nee eintlik vier dinge wat hy nie so mooi verstaan nie. Hy wonder onder andere hoe ’n arend in die lug bly of hoe ’n slang op ’n rots seil. Ek wonder self ook oor ’n paar snaakse dinge, soos hoekom moet mense stilbly as ’n tennisspeler afslaan, maar hoekom hulle raas as sokkerspelers die bal skop.

Die feit is, die lewe is vol onverstaanbare dinge. Ons kan nooit alles verstaan nie. Ons hoef ook nie. Ons kan die Here ook nie deurgrond nie. Ons moet nie eens probeer nie, want dan het ons eintlik vir ons ’n afgod geskep. ’n God wat ons hier aan ons kant van die draad volledig kan verstaan, is ’n god wat ons van ons kant af kan beheer en manipuleer. Die lewende God is egter baie groter en veel meer as alles wat ons van Hom af weet. Nogtans is Hy nie anders as hoe Hy Hom in sy Woord bekendmaak nie. Hy is altyd die God van liefde. Die kruis beklemtoon dit op ’n tydlose manier. Hy is die Vader van alle gelowiges.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.