Gedagte vir die dag: Môre sal aanbreek

hartseer-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer. (Psalm 30:6)   

As jy midde-in ’n beproewing is, dink dan aan môre. Beur jou hart op met gedagtes aan die Here se koms. Wees geduldig. Dink hoe nietig ons probleme sal lyk wanneer ons daarop terugkyk. As ons nou daarna kyk, lyk dit oorweldigend, maar wanneer ons in die hemel kom, sal ons beproewings lyk soos ligte en momentele droefheid.

Laat ons dus dapper voortbeweeg. Selfs as die nag donkerder is as wat dit nog ooit was, kan jy verseker weet die oggend is op pad. Weet jy hoe om die vreugde van die hemel te verwag? Om in verwagting te lewe? Dit is ’n vertroostende hoop. Dit is dalk nou donker, maar die môre bring lig. Ons trane sal in vreugde verander.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.