Gedagte vir die dag: ’n Juk

sout-man-dra-swaar-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. (Matteus 11:28-30)

Jesus was die seun van ’n skrynwerker. By sy pa Josef het Hy alles van die ambag geleer en later by hom oorgeneem. In die Nuwe-Testamentiese tyd is hout nie gesaag en afgelewer nie. Die timmerman moes self ’n geskikte boom uitsoek, afsaag en dan na sy werkswinkel vervoer. Daar word aanvaar dat Jesus meubels, balke, rame en kombuisgereedskap, sowel as ploeë en jukke vir osse gemaak het. Daar is ’n legende dat Jesus van Nasaret daarvoor bekend was dat Hy die beste jukke in Galilea gemaak het. Mense het van oraloor gekom om dit te koop.

Tóé – soos vandag – het vakmanne ’n uithangbord bokant hul werkswinkel gehang waarop hul ambag en slagspreuk aangebring is.

Volgens oorlewering het daar op die juk bokant die ingang van Jesus se skrynwerkerswinkel gestaan: “My juk pas goed.”

Toe Jesus in Matteus 11 vir sy volgelinge gesê het: My juk is sag, kon Hy dit uit eie ondervinding en met gesag sê. Die Griekse woord vir “sag” of “gemaklik” is chrestos, wat beteken: “om goed te pas”.

Wanneer ons uitgeput en oorlaai is, moet ons tot stilstand kom en Jesus se juk opneem. Hy sorg self dat die juk wat ons dra, goed pas en nie skaaf of skeef sit of te swaar is nie.

Elkeen se juk is “pasklaar”. Ons sal nie bo ons kragte belas word nie.

Here Jesus, dankie dat u genade vir my soos ’n sagte juk is. Amen

Bron:  Oomblikke van stilte deur Lizette Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.