Gedagte vir die dag:  Ons “ou” self?

Vrou_strand_stiltetyd_lees-Bybel_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

U is getrou in u liefde teenoor dié wat u gebooie liefhet en gehoorsaam. (Nehemia 1:5b)

”Hy is nou weer sy ou self,” sê ons van iemand wat vir ’n tyd lank nie lekker was nie. Dis gewoonlik ’n baie goeie teken: Dat iemand homself weer gevind het en weer die mens is wat ons voorheen geken het.

Tydens die Covid-19-pandemie en veral die grendeltyd, toe die wêreld ons almal tot stilstand geruk het, het daar nogal ’n klomp dinge om, met en in ons gebeur. Baie hiervan was goeie dinge: Ons het rustiger geraak, meer tyd vir mekaar gemaak, gehaltetyd saam met ons gesinne deurgebring, meer vir ander omgegee en ook meer moeite gedoen met ons eie stiltetyd en die lees van die Woord. En ons het gesê: Dié dinge is goed vir ons en ons sal graag met die goeie gewoontes wil volhou – nie weer ons ou patrone wil volg nie. Nie weer ons “ou self” wil raak nie.

Vraag is: Wat nou? Het ons by ons goeie voornemens gebly om die ware kwaliteite van die lewe te koester en te geniet? Of het ons toe gou weer ons “ou self” geword wat maar weer op die rottewiel van die lewe hardloop?

Vader, bring my vandag weer terug na die rus wat net U kan gee.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.