Gedagte vir die dag:  Raak betrokke      

amilie_sonsopkoms_hou-hande_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen. (Matt 25:40)

George Müller het ’n hart vir kinders gehad. Hy het in die strate van Bristol en Londen geloop en talle kinders in die ysige koue sien staan, in vodde geklee en kaalvoet. Toe hy hulle sien, het hy geweet God roep hom om ’n kinderhuis te begin. Hy het vir die Here gesê: “Here, ek sal dit doen op een voorwaarde. Ek wil nooit vir iemand geld vra nie.” Hy hoef nooit vir geld te gevra het nie. Hy sê in sy outobiografie: “Die hoofrede waarom ek hier die kinderhuis wou begin, was om vir die wêreld te wys wat die Here Jesus Christus kan doen deur een man wat bereid is om Hom op sy Woord te neem en Hom te vertrou.”

Hier by Shalom het ons ’n skool met ongeveer twee honderd kinders en ses tot agt onderwysers. Ons het ook ’n kinderhuis. Ons het met niks begin nie, net in die geloof.

Baie jongmense kom na my toe en sê: “Ek weet nie wat om met my lewe te doen nie.” As jy nie weet wat om met jou lewe te doen nie, begin sorg vir kinders. Hier in KwaZulu-Natal alleen is vyf honderd duisend hawelose kinders. Raak betrokke by hulle lewens, hoe klein jou bydrae ook al is. Wys jou sagte hart vir kinders. Jy sal ryklik beloon word. God sal jou seën.

Here Jesus, ek kan soms slim verskonings uitdink hoekom ek nie betrokke kan raak by ’n kinderprojek of enige ander projek nie. Ek wil ’n sagte hart vir kinders hê en help waar ek kan en hoe ek kan, hoe klein my bydrae ook al is.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Agie ·

Ja. Soveel keer het Jesus na kinders verwys en hulle na Hom toe aan getrek. Dit is die toekomstige geslagte wat gevorm moet word vir Sy Koninkryk. Kosbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.