Gedagte vir die dag: Roetine-ondersoek

fees_tuin_aand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Daarom – as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot ’n val kom nie. Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur. (1 Korintiërs 10:12-13) 

Ons is dikwels onbewus van die simptoomvrye maar dodelike toestande soos gloukoom en hoë bloeddruk voordat dit reeds te laat is. Dit is glad nie nodig om paranoïes te raak nie, maar dis noodsaaklik dat ’n mens gereelde roetineondersoeke het. Kennis is mag – en die beste sorg is voorsorg!

Ook ons geestelike lewens spring nie hierdie stille sluipmoordenaars vry nie: trots, ontkenning en  selfgenoegsaamheid kan aan jou siel vreet sonder dat jy dit noodwendig agterkom. Maak gereelde afsprake by jou Hartdokter om seker te maak jy wandel in die waarheid (Johannes 16:13). Laat Hom toe om jou van kop tot tone met sy oorweldigende liefde te ondersoek en te deursoek.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat ek in geloof met U mag wandel…versterk my in Jesus Naam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.