Gedagte vir die dag: Ryk en arm

 hande_stiltetyd_oud_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vir mense, ryk en arm, is dit dieselfde: die HERE het hulle almal gemaak. (Spreuke 22:2)

Terwyl Jesus op aarde was, het Hy eenvoudig gelewe, maar Hy was nie ’n askeet nie. Hy het met ewe veel gemak tussen die armes, soos Johannes die Doper en Bartimeus, beweeg as tussen die rykes, soos Lasarus, Marta, Nikodemus, Saggeus en Josef van Arimatea. Jesus het materiële ondersteuning van ryk vroue aanvaar (Lukas 8:2-3) en was dankbaar oor die uitspattige salwing van sy liggaam met duur olie (Matteus 26:6-13; Lukas 7:36-50; Johannes 12:1-8).

Christus se geboorte het arm skaapwagters en ryk konings se aandag getrek. Sy lewe op aarde het baie mense aangetrek – arm sowel as ryk. En ongeag of hulle ryk of arm was, Jesus was maar te bly om almal in sy koninkryk te verwelkom wat bereid was om die knie te buig voor die Messias.

O Christen, moet nooit hoogmoedig wees oor dinge wat so verganklik, nadelig en onseker is soos die rykdom van hierdie bose wêreld nie! Rig jou hart eerder op die ware en blywende rykdom van genade in Christus Jesus. – Isaac Ambrose

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Heer dat wat ookal ons lewensomstandighede is…U is daar…U genade is vir ons genoeg

Androclus ·

Dankie Here dat U ons almal sien as gelyk deur U bril.Arm of ryk.Amen

MAGRIETHA ·

Wat n mooi boodskap die hele sa kan baat vind by die boodskap – Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.