Gedagte vir die dag: Staan op vir Jesus

sonsondergang_familie_stiltetyd_pixabay-1.jpg

Foto: pixabay.com

As julle nie die Here wil aanbid nie, moet julle vandag vir julleself besluit wie julle danwil aanbid. Is dit die gode wat julle voorouers anderkant die Eufraat gedien het, of is dit die gode van die Amoriete in wie se land julle nou woon? Ek en my huisgesin sal die Here aanbid. (Josua 24:15)

Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf ’n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. (Matteus 6:24)

Josua het al die mense byeengeroep. Hy was al oud en gereed om huis toe te gaan om by die Here te wees. Daarom het hy die Israeliete herinner waar hulle vandaan kom en vir hulle gesê: “Julle kan nie twee gode dien nie, want God is ’n jaloerse God. Jy is óf vir Hom óf teen Hom.” Jesus het dieselfde ding gesê in Matteus 12:30: “Wie nie aan my kant is nie, is teen My. En elkeen wat nie saam met My bymekaarmaak nie, jaag mense uitmekaar.”

Josua het dit baie duidelik gemaak wie hy en sy familie gaan dien. Daar is iets baie kragtigs daaraan om ’n openbare belydenis van jou geloof te doen. Jy weet, mense hoef nie van jou te hou nie, maar hulle moet jou daarvoor respekteer. Niemand het respek vir iemand wat nie kan besluit waarvoor hy staan nie.

Wat van jou? Aan wie se kant is jy vandag? Onthou, jy kan nie twee meesters dien nie. Staan vandag op vir Jesus.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.