Gedagte vir die dag: Sy versoeking en ons s’n

karoo_vlakte_2stiltetyd.jpeg

Foto: A. Brits

Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. (Hebreërs 4:15)

Totdat ons weergebore word, is die enigste versoeking wat ons verstaan die tipe wat genoem word in Jakobus 1:14: Maar ’n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Maar deur die wedergeboorte word ons opgelig in ’n ander sfeer waar daar ander versoekings is om die hoof te bied, naamlik die soort wat ons Here Jesus moes hanteer. Die versoekings wat Jesus moes deurstaan, het nie tot ons as ongelowiges gespreek nie, want dit was nie tuis in ons menslike natuur nie. Jesus se versoekings en ons s’n, kom uit verskillende sfere totdat ons weergebore word en sy broers word. Jesus het nie die versoekings van ’n gewone man beleef nie, maar van God wat mens geword het. Deur wedergeboorte word die Seun van God in ons gevorm (vgl. Gal. 4:19), en in ons lewe het Hy dieselfde agtergrond wat Hy gehad het toe Hy op aarde was. Satan versoek ons nie slegs sodat ons die verkeerde dinge sal doen nie, hy versoek ons sodat ons dít sal verloor wat God tydens die wedergeboorte in ons geplaas het, naamlik die vermoë om vir God van waarde te wees. Hy kom nie na ons met die veronderstelling dat ons sal sondig nie, maar met die veronderstelling om ons uitgangspunt te verander, en dit is net die Heilige Gees wat dit kan identifiseer as ’n versoeking van Satan.

Versoeking beteken dat die dinge waaroor ek in my innerlike, geestelike wese beskik, getoets word deur ’n uiterlike mag wat vir my vreemd is. Dit verklaar die versoeking waaraan die Here onderwerp is. Na Jesus se doop, en die aanvaarding van sy missie as die een … “ … wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh. 1:29) is Hy … deur die Gees die woestyn in gelei … (Matt. 4:1) in die versoekingsplan van die duiwel in. Tog het Hy nie moeg of uitgeput geraak nie. Hy het die versoeking deurstaan “sonder sonde” en Hy het al die eienskappe van sy geestelike natuur volkome ongeskonde bewaar.

Bron: My allerbeste vir Sy Hoogste deur Oswald Chamber
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Heilige Gees…dankie vir leiding , U teenwoordigheid wat ons leer en beskerm…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.