ToekomsVenster: Altyd getrou

(Foto: Ayush Sharma/Unsplash.)

Hebr. 13:8 – Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Mense is somtyds soos verkleurmannetjies. Jy weet nie hoe jy dit met hulle het nie. Jy ken mos die bekende spreekwoorde – sy oggend- en aandpraatjies stem nie ooreen nie. Dit is ʼn hartseer werklikheid dat mense in ʼn hoe mate onbetroubaar geword het. Mense se woord is nie meer hul eer nie.

Die Here is gans anders, loof sy Naam. As Hy iets gesê het, doen Hy dit. Wat Hy onderneem het voer Hy uit.

Is daar ʼn enkel mense wat God onbetroubaar kan bewys, inteendeel. Ja, toegegee somtyds wankel die geloof.

Somtyds vra jy indringende vrae. Somtyds lyk dit of die Here vergeet het.

Dit is egter niks anders as die menslike verwysingsraamnwerk waarmee ons worstel nie. Ons projekteer ons ervaring op God, die Heilige. As dinge nie uitwerk soos jy jou dit voorgestel het nie lê die fout nie by God nie. Jou interpretasie, verwagting, verwysingsraamwerk of ongeloof kan as redes aangevoer word. Nie sy getrouheid nie.

Hy is elke dag dieselfde en dit is waar tot in alle ewigheid. Hy is nie onderworpe aan emosionele skommeling nie. Hy het nie afdae nie. Sy bioritmes loop nie deurmekaar nie. Hy staan nie met die versekerde voet uit die bed uit op nie. Hy is nie temperamenteel, beïnvloedbaar of manipuleerbaar nie.

Hy is standhoudend, standvastig en rotsvas.

Gister, die Bybel is die getuienis van gister. Daar is ook die gisters in my lewe. Ek blaai deur my “gister boek” en soek na tekens dat Hy ontrou en veranderlik is maar vind dit nie. Vandag, hier en nou, relevant en betrokke, steeds getrou en betroubaar. Môre, die toekoms, vir my onbekend maar vir Hom soos ʼn oop boek.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.