ToekomsVenster: Jesus word gedoop

wit-duif

Foto: @awmleer/Unsplash.com

Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop. Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos ‘n duif na Hom toe sien neerdaal. Daar was ook ‘n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.” – Markus 1:9-11

Volgens die evangelies is Johannes stomverbaas dat die Here, sý Here na om kom om gedoop te word. Doop is vir sondaars, nie vir die Lam van God wat met die Heilige Gees en met vuur doop nie. Dis die afwas van sonde en ongeregtigheid. Dis Johannes wat deur Jesus gedoop moet word. Jesus dring egter daarop aan. So word aan die wil van God voldoen.

Mense, soos reeds gesê, diep onder oortuiging van sonde laat hulle in die Jordaan afwas. Metafories neem Jesus daardie vuil op Hom. Terwyl sondaar mense in die doop die afwas van sonde beleef neem Jesus die sonde van die wêreld op Hom deur dié doop daad.

Verstaan jy jou doop?

Dis ʼn identifikasie met Jesus en die prys wat Hy namens jou betaal het.

Die hemel het “oopgeskeur”. Dis ʼn sterk woord. Dit is asof die oomblik swanger is met die implikasie van hierdie seremonie. Die Vader kan sy liefde vir die Seun nie verswyg nie. God praat direk met sy Seun. Later word hierdie woorde herhaal. Dan kom dit as “Dit is my geliefde Seun”.

Hier aan die vooraand van die lydingsweg van die Seun van die mens soos Jesus na Homself verwys het word Hy verseker van die Vader se goedkeuring en sorg. Hy word deur die Gees toegerus as die duif, een van die betekenisvolle metafore wat vir die Gees gebruik word, op Jesus neerdaal. Soos in die Noag verhaal vertel die duif van God se nuwe begin met mense. Jesus is die tweede Adam wat kom regmaak wat die eerste Adam verbrou het.

Later herinner “skeur” ons aan die swaar gordyn wat by die konkretisering van hierdie seremoniële daad sou plaasvind. Dit simboliseer in besonder toegang in die allerheiligste teenwoordigheid van God vir mense wat andersins nie verder as die voorhof sou vorder nie.

Iewers sê die Woord – “skeur julle harte en nie julle klere nie”. Joel 2:13

Het jou hart al geskeur oor die prys wat jou ongeregtigheid die Seun gekos het?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LM ·

Hoekom glo so baie denominasies nie in die groot doop ( wanneer jy tot bekering kom)- die doop met die Heilige Gees ( wanneer die gawes van die gees oor jou kom soos bv wanneer n mens in n vreemde taal met die Here kan praat.)- en die vuurdoop – ( wanr n bose mag/demoon uit jou gedryf word) . Alles is skriftuurlik. Bid vir een en elkeen wat nog nie hierde pad geloop bet dat die Here jul oe sal open vir die waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.