Lees Johannes 11:1-44
Wat het jou die meeste opgeval in die gedeelte? Wat my veral raak, is Jesus se rustigheid rondom siekte en dood. Nadat hy oor Lasarus is siek, vertoef Hy nog twee dae op die plek waar Hy was. Daar is geen haas of anstigheid rondom die siekte nie, geen vrees of benoudheid nie. Waarom sou daar dan so iets wees by Hom in Wie daar lewe is, die Een wat lewe gee en deel?
Wanneer Jesus by Lasarus se susters kom is Hy wel hartseer, maar nie oor Lasarus se dood nie – Hy het tog geweet Hy gaan hom weer opwek. Sy hartseer is bloot uit meegevoel oor dit wat die dood aan sy kinders doen; omdat iets soos die dood deel van mense se ervarings geword het; omdat dit vir sy kinders so moeilik is om die oorvloed van lewe te ken en ervaar. Daarom probeer Hy iets daarvan aan Marta oordra as Hy vir haar sê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” (v25-26).
Hier voor Marta staan die Bron van alle lewe. In Hom is lewe, ‘n oorvloed van lewe. Lewe wat nooit weer weggeneem kan word nie, slefs nie deur die ervaring van dood nie. Hy is die Boom van die lewe, Hy dra voortdurend vrugte en in sy blare is daar genesing vir alle mense (Op 22:2).
Dankie Vader dat U my herinner om lewe te spreek, nie dood nie – om seëninge te spreek en nie vervloekings nie.