ʼn Sagteware-ingenieur wat by Google in San Francisco werk en nie meer buitensporige bedrae aan huur te spandeer nie, het besluit om eerder in ʼn vragmotor te bly.
Lees meerAlles vir Donderdag 5 November 2015
[Video] Vermiste kind 13 jaar later opgespoor
ʼn Kind wat 13 jaar gelede in Alabama in die VSA as vermis aangemeld is, is veilig in Ohio opgespoor. Die kind, Julian Hernandez, was…
Grond vir plaasarbeiders
Plaasarbeiders in Bathurst en Oudtshoorn is van die begunstigdes wat vandeesweek onder die landelike ontwikkeling en grondhervormingsplan plase ontvang het.
Studente, veiligheidswagte bots by UJ
Geweld het Donderdag by die Universiteit van Johannesburg uitgebreek tydens ʼn onderonsie tussen studente en werkers met veiligheidspersoneel tydens betogings teen kontrakwerk by die instansie.
Kinderporno: Veiligheidswag bly in aanhouding
ʼn Veiligheidswag wat Dinsdag in Parow in die Wes-Kaap in hegtenis geneem is in verband met die besit van kinderpornografie, het Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn.
Man verdrink by Kampsbaai
ʼn 37-jarige man het Donderdagoggend op ʼn strand in Kampsbaai in die Wes-Kaap verdrink.
UP-bestuur verseker Afrikaans as onderrigtaal
Die bestuur van die Universiteit van Pretoria (UP) het aan AfriForum Tuks bevestig dat Afrikaans as onderrigtaal by die universiteit gehandhaaf sal word.
ToekomsVenster: ‘n Oorvloed van lewe
In Hom is lewe, ‘n oorvloed van lewe. Lewe wat nooit weer weggeneem kan word nie, slefs nie deur die ervaring van dood nie. Hy is die Boom van die lewe, Hy dra voortdurend vrugte en in sy blare is daar genesing vir alle mense (Op 22:2).
[Video] Ongelooflike beeldmateriaal van die son
Nasa het sy eerste paar ultrahoëdefinisie-video’s vrygestel en die resultate is werklik besonders.
‘Padwoede’-video: Pa dam glo man by ná botsing met dogter
Die video is geneem toe die pa van ʼn jong vrou glo by ʼn ongelukstoneel opgedaag het. Die pa het toe glo die man wat met sy motor teen die dogter se motor gebots het rondgeruk en met die vuis geslaan.
[Video] ‘ʼn Man soos my pa’
ʼn Man soos my pa is ʼn eerlike storie oor die dinge wat ons vorm: ons ouerhuis, ons ouers se liefde, hulle foute, vriendskappe, skool, romanse, die buurman se dogter en die skool se boelies.
Skokvideo: Polisieman op kortafstand doodgeskiet
WAARSKUWING: Dié video bevat geweld en is nie geskik vir sensitiewe kykers of kinders nie.
Video: 12-jarige Henno William bewys Suid-Afrika het beslis talent
Die jong Henno William, ʼn Afrikaanse seun van Montana in Pretoria, neem hierdie Sondag deel aan die eindronde van e.tv se realiteitsreeks SA’s Got Talent, en as jy so na Henno luister sal jy beslis verstaan hoe dié 12-jarige dit reggekry het om tot só ver in die reeks te vorder.
Babapoeier – toormiddel vir in en om die huis!
Volgens die Facebook-blad, Huisvrou se kreatiwiteit, is babapoeier nie net vir babas nie, en kan vir ʼn verskeidenheid van dinge gebruik word. Laat weet gerus as jy een van dié gebruike al getoets het!
Luister: Jou kultuurkoerant vir 5 tot 11 November
Feeste, skoue, musiekvertonings, komedie en teaterstukke te kies en te keur. Charlie Smidt van die FAK is terug op die lug en vertel jou wat in die volgende sewe dae op die kultuurfront oor die hele Suid-Afrika gaan gebeur.
Maklike maniere om ‘groen’ kinders te kweek
Dit hoef nie duur of ingewikkeld te wees om jou kind meer oor herwinning, waterbewaring en respek vir die natuur te leer nie. Dit is eintlik verbasend maklik om kinders van die Aarde te vertel, en te verduidelik wat ons kan doen om dit te bewaar.
Drie vas ná moord op polisieman
Drie verdagtes is in hegtenis geneem ná die moord op die 52-jarige polisiebeampte van Siloam naby Louis Trichardt in Limpopo. Ao. Thomas Mabada is Maandagaand koelbloedig doodgeskiet toe hy gewapende rowers agternagesit het.
[Foto’s] So gemaak om orde te skep
Soms is dit moeilik om jou huis in orde te hou – jou persoonlikheid hou dalk van ʼn bietjie meer “vryheid” of jou kinders verstaan dalk nog nie die konsep van orde nie.
Matriekseun bewusteloos langs treinspoor gevind ná afskeid
Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting nadat ʼn matriekseun bewusteloos met ‘n skedelbreuk langs ʼn treinspoor gevind is nadat hy na ʼn partytjie toe is ná sy matriekafskeid.
Twee sterf ná bakkie en skoolbus bots
Twee mense is dood en sowat 30 kinders beseer nadat ʼn skoolbus en ʼn bakkie Donderdagoggend reg van voor naby Kuruman in die Noord-Kaap gebots het.