ToekomsVenster: ’n Wedstryd vir Jesus

Argieffoto

Ek weet bitter min van sport af maar troos my dat ek darem weet waar middel C op ʼn klavier is. Ons het immers almal verskillende gawes en talente.

So luister ek onlangs na ʼn uitsending van ʼn rugbywedstryd en dit val my op hoe opgewonde die kommentator raak wanneer daar iets op die veld gebeur. Hy kan letterlik nie genoeg woorde vind om te beskryf wat hy sien nie.

In my verbeelding sien ek ʼn speler met die bal hardloop. Daar is genoegsame ondersteuning van sy spanmaats te midde van die ander span wat alles in hul vermoë doen om te verhoed dat punte aangeteken word.

Die bal word vernuftig van een persoon na die volgende aangegee en dan peil iemand op die doellyn af. Vir ʼn oomblik hang hy tussen hemel en aarde en land dan triomfantelik onder die pale.

Is dit dalk hoe die skare geloofsgetuies waarvan Hebreërs 12 praat die wedstryd wat tans op aarde uitspeel, aanskou? Dit is wanneer die kerk, kinders van die Here, op die doellyn afstorm en met genoegsame ondersteuning van mekaar, die Woord en die Heilige Gees punte vir die Koninkryk aanteken dat die skare ʼn lofsang sing. Dit is waarmee die kerk op ʼn daaglikse basis moet besig wees.

Punte aanteken vir die komende Ryk van God, mense by Jesus uitbring en uit die hande van die bose ruk en in elke samelewingsverband die Koningskap van Jesus verklaar.

Is daar enige opgewondenheid op die pawiljoene wanneer na jou en my spel gekyk word?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Valerie ·

Swak vergelyking; ruik na Calvinisme of ‘n ander ‘cult.’ SWAK.

Cauin ·

Dis n walglike vergelyking . Om n reeds goedkoop evangelie nog goedkoper te maak om in kompetisie te bly met ons entertainment . Om aandag te trek , hier word ons gevang met selfs n foto van n bal in stede van n sonsondergang . Moenie vegeet wat en wie Cauin was nie . Eksodus 32:6 . Ons speel .

Frank ·

Ja Jannie, ek moet ook bieg. Ek soek weer jou ou formaat Woordverkondiging. Hou glad nie van sedepreke nie, nog minder van vergelykings. Indien jy na hierdie formaat toe gaan sodat die Woord meer lesers kan “bereik”, stem ek nie saam nie. Soos die saad wat op vlak grond val, nie diep vrugbare grond nie. Dis net soos hierdie kinderkerkdienste wat in party gemeentes gehou word. Of kinderbybels. Nee, laat toe dat God die Heilige Gees SELF die werk doen wat Hy wil doen, vir wat jy nodig vir jou saligheid het. Ons kan maar net plant, dis mos slegs Hy wat laat groei!

OWO ·

Ek dink Heb 12: 1-3 is beskrywend genoeg en verstaanbaar vir almal wat dit lees.Dit hoef nie verder met metafore verduidelik te word nie.Wat Calvyn betref is sy leer oor die voorsienigheid en die uitverkiesing tot vandag, nog baie omstrede.Calvyn se leer behels dat God net mense uit vrye genade uitverkies en dat hulle tot geloof kom juis omdat Hy hulle uitverkies het.Volgens Arminius gaan mense verlore omdat hulle teen God kies,maar volgens Calvyn het God hulle nie uitverkies nie en daarom gaan hulle verlore.Kortliks die verkille tussen die twee leerstellings.

Barend ·

Dit is nie Calvyn se leer wat omstrede is nie, dit is Arminius se leer wat omstrede is. Arminius en sy volgelinge verkondig werkheiligheid.

Valerie ·

Barend, wat vir my nog altyd so snaaks was, is dat calviniste dadelik dink jy moet ‘n volgeling van Arminius wees as jy nie saam met die verwaande en hopelose verdwaalde Calvyn se bose idees stem nie. Wel, albei het in die duister rondgetas. Vra nou die dag vir iemand of sy ‘n Christen is en die antwoord kom, “Ja, ek’s ‘n calvinis.” O, genade tog.
Wat het geword van wedergeborene soos deur Jesus self bekend gemaak?
Hierdie artikel is in swak smaak en Cauin slaan die spyker op die kop.

En Frank; jip, die antwoord is ja; doen maar jou eie navorsing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.