ToekomsVenster: Vol deernis

papierhart-harte

Foto: James Bold/Unsplash.com

Beteken die troos wat van God kom, vir jou niks, die woorde wat met soveel deernis tot jou gerig is? – Job 15:11

Ons het nagedink oor die letter A. So leer ons Jesus as die Alfa ken. Die letter B herinner ons daaraan dat Hy ons beskerm en oppas. C dui op sy titel as bemagtigde Gesalfde van God. Die letter D herinner my aan die deernis kan God. Ek wonder of jy die woord ken.

Dit word in die Bybel gebruik wanneer Job se vriende hom tereg wys. Hulle vra of die woord wat met soveel deernis na hom toe kom dan niks beteken nie. Ons ken Jesus as die Woord van God. Oordragtelik is Hy ʼn deernisvolle Redder.

In die eerste brief aan Korinte herinner Paulus ons dat ons liefdevolle deernis soos ʼn kledingstuk moet aantrek. Ons vind hierdie woorde in die Nuwe Lewende Vertaling. Deernis help ons om God, ook die Here Jesus Christus as ʼn liefdevolle, vriendelike en verdraagsame God (lankmoedig) te leer ken.

Baie mense dink nie so oor Hom nie. Hy verteenwoordig ongeduld, is wraakgierig en toornig, altyd uit om die verkeerde by ons te kritiseer. Dit is nie die God van die Bybel nie. Moenie langer onkundig wees nie. Dit is vrees sonder liefde. Die Bybel praat van agting vir Hom vanuit ʼn liefdevolle en intieme verhouding.

Hy is nie kwaad vir jou nie.

Sy seun het vir jou en my sondes betaal.

Ervaar vandag die vriendelike, deernisvolle nabyheid van Hom.

Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy lief het. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. – Kolossense 3:12 NLV

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.