My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. (Jakobus 1:2-3)
Niemand hoop dat hulle sal seerkry nie. Niemand beplan vir die pyn wat ander jou aandoen nie. Tog is dit, realisties gesproke, onmoontlik om deur die lewe te gaan sonder om ander seer te maak en self ook seer te kry.
Wanneer dit dus gebeur, moet jy dit sien as ’n geleentheid om jou totale vertroue op die Here te vestig. Natuurlik sal jy wonder waarom Hy die seerkry toegelaat het en wat sy planne en doelwitte vir jou hiermee is. Natuurlik sal jy kwaad en ontsteld wees. Maar binne-in jou – beelddraer, Godsoeker wat jy is – sal daar ’n verrassende fontein van varsheid en vryheid wees. Jy sal die swaarkry onverklaarbaar pragtig maak, en jy sal die mense wat jou toevallig of doelbewus dophou tot instinktiewe bewondering inspireer.
Wanneer daar iemand is wat jy moet vergewe, dra jou wonde met grasie en tere geduld. Bring jou hartseer in die geheim na jou Vader toe. So verklaar jy hoe geseënd dit is om alles oor te gee aan ’n wyse, liefdevolle, magtige God.
Is jy vandag dapper genoeg om van bitterheid na skoonheid te beweeg? Weerstaan die bytende reaksie en wees jou beste self.
Here, ek haat die feit dat ek nou hierdie situasie moet hanteer. Maar stel my asseblief in staat om te vergewe, en gebruik asseblief my vergifnis om skoonheid te versprei. Amen
So waar. Baie keer is die liefdevolle huwelik soms so seer want elke vrou wil “to be loved” en wil dit war sy insit soms ook terugkry. Moeilik. Liefdevolle Jesus week vir almal.
Die beste plek om te wees is presies in die middel van God se wil.