Gedagte vir die dag:  Wees altyd dankbaar

Vrou_koffie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. (1 Tessalonisense 5:18)

Om dankbaar te leef is ’n lewenswyse. Dit beteken dat jy niks as vanselfsprekend sal beskou nie, maar sal weet dat alles wat jy kry God se onverdiende genade is. Paulus skryf aan die gemeente in Tessalonika dat dit nie genoeg is om dankbaar te wees nie, maar dat hulle in álle omstandighede dankbaar behoort te wees.

Deur geloof kan jy dit regkry om in alle omstandighede dankbaar te wees. Dikwels slyp God jou juis deur swaarkry tot ’n helderder geloofsgetuienis.

Gelukkige mense is nie hulle wat die meeste hét nie, maar hulle wat die meeste kan dankie sê. ~ WJ Oehler

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.