Suid-Afrika het ingestem om sowat tien miljard rand in bevriesde Libiese fondse vir humanitêre hulp beskikbaar te stel.
Twee in hof wat man glo met bakkie sleep
Die Pietermaritzburg hooggeregshof het Donderdag gehoor dat ʼn Howick man nie beseer is toe hy glo deur sy werkgewers agter hulle bakkie aangesleep is nie maar eerder toe hy van die bakkie geval het terwyl dit beweeg het.
Saru en Supersport moet in parlement verskyn oor volkslied-fiasko
Die parlementêre portefeuljekomitee vir sport het gelas dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Supersport voor die komitee moet verskyn nadat die volkslied Dinsdagaand opgemors is tydens die aankondiging van die Springbokgroep vir die wêreldbekertoernooi.
AfriForum stel nuwe ondersoekeenheid bekend
AfriForum se ondersoekeenheid het vandag onthul dat die departement van paaie en vervoer in Limpopo verlede jaar op 30 November amptelik versoek het dat ʼn…
AfriForum-ondersoek onthul ongerymdhede in Limpopo-tenderproses
Die burgerregte organisasie, AfriForum, se ondersoekeenheid het vandag onthul dat die departement van paaie en vervoer in Limpopo verlede jaar op 30 November amptelik versoek het dat ʼn werknemer van On-Point Engineers weens beweerde korrupsie moet onttrek van enige deelname aan tenderprosesse in Limpopo.
Minister se uitlatings oor boere nie haatspraak
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het bevind dat die minister van huisvesting, Tokyo Sexwale, se uitlatings oor boere nie haatspraak was nie maar wel onsensitief was.
Bylmoordenaar geskik om verhoor te word
Die Durbanse landdroshof het Donderdagoggend gehoor dat die voormalige Blou Bul-speler, Joseph Ntshongwana, geskik is om verhoor te word.
Wikileaks-kabel: VSA vergelyk ANC met Apartheid regime
“Die party wat Suid-Afrika uit Apartheid gelei het, het teen 2010 in anti-demokratiese praktyke verval wat herinner aan die regime waarteen hy geveg het.”
Veldbrande eis reeds twee lewens
Verwoestende veldbrande wat in die Vrystaat en Noordwes woed, het reeds minstens twee lewens geëis, honderde stuks vee doodgebrand en duisende hektaar veld vernietig.
Man lewend begrawe op Kaapse strand
ʼn Man het oorleef nadat hy lewendig begrawe is op ʼn strand in Kaapstad, ʼn dag nadat hy ontvoer is.
58 kinders in Knysna-bus wat net 32 mag vervoer
Die Wes-Kaapse departement van onderwys sê hy sal ondersoek instel na hoekom ʼn bus wat slegs 32 passasiers mag vervoer, gebruik is om 58 skoolkinders te vervoer.
Een beseer in ontploffing by Sasol Secunda-aanleg
Die petroleumreus Sasol het bevestig dat daar ʼn gasontploffing was by sy Secunda-aanleg in Mpumalanga.
15 sterf in Knysna-busramp
Reddingswerkers het reeds 15 liggame, waaronder 14 kinders, uit ʼn dam in Rheenendal in Knysna gehaal, nadat die bus waarin hulle gery het Woensdagoggend die pad verlaat het en in dié dam beland het.
Sanef veroordeel beweerde aanranding van Beeld-fotograaf
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het die beweerde aanranding van ʼn Beeld-fotograaf ten sterkste veroordeel.
O moedertaal, soetste taal
Op 18 Augustus vanjaar het ‘n groepie Afrikaanssprekendes van regoor die land om ‘n tafel gaan sit en hulle stories vir mekaar vertel. Kom lees meer, hoor wat die sprekers oor hul “soetste taal” te sê gehad het en vind uit hoe jy kan wen met jóú storie.
Dodetal styg na busramp in Knysna
Minstens agt kinders is dood en talle beseer nadat die bus waarin hulle gery het die pad verlaat het en in ‘n dam in Rheenendal in Knysna beland het.
Wen met jóú Afrikaanse storie
Hierdie kompetisie is gesluit: Dis nou tyd om jou storie vir die wêreld te vertel.
Twee kinders sterf, talle beseer na bus in dam beland
Twee kinders is dood en talle beseer nadat die bus waarin hulle gery het die pad verlaat het en in ‘n dam in Rheenendal in Knysna beland het, het ER24 gesê.
ANC kla glo nog vier jeugligalede aan
Die regerende party het nog vier van sy jeugliga-beamptes daarvan aangekla dat hulle verdeelheid in die ANC saai en die party in oneer bring.
Springbokgroep vir wêreldbekertoernooi aangekondig
Agtien spelers van die Springbokspan wat in 2007 die wêreldbeker-toernooi gewen het, is ingesluit in die groep van 30 spelers wat sal probeer om die Web Ellis-beker suksesvol te verdedig.