ʼn 65-jarige vrou is vermoor en haar man gewond deur gewapende rowers in Roossenekal in Limpopo.
Vermiste man se liggaam langs hoofweg gevind
Die eienaar van Birds and Pets for Africa in Kempton Park, wat sedert Maandag vermis was, se liggaam is Woensdagoggend gevind.
Malema-verhoor gaan voort by Luthuli-huis
Paaie rondom die ANC se Luthuli-huis in Johannesburg is Woensdagoggend weer oopgestel terwyl die jeugligaleier, Julius Malema, se verhoor voortgaan.
Malema se verhoor skuif na onbekende plek
Die ANC het aangekondig dat sy jeugligaleier, Julius Malema, se dissiplinere verhoor nie langer by Luthuli-huis in Johannesburg sal plaasvind nie.
Nog twee renosters vir horings gestroop, moratorium oorweeg
Die polisie in Limpopo is op soek na wildstropers wat twee renosters geskiet het en hulle horings verwyder het.
ANC blameer jeugliga vir chaos by Malema-verhoor
Die ANC blameer sy jeugliga vir die chaos wat by Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad heers waar jeugligaleier , Julius Malema, verhoor word.
Polisie gebruik rubberkoeëls om ANCYL-ondersteuners uiteen te jaag tydens Malema-verhoor
Lede van die ANC-jeugliga het T-hemde met president Jacob Zuma se gesig gebrand buite Luthuli-huis in Johannesburg waar jeugligaleier, Julius Malema, se dissiplinêre verhoor Dinsdagoggend begin het.
Honderde ANCYL-ondersteuners sak toe op Johannesburgse middestad voor Malema-verhoor
Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, se dissiplinêre verhoor begin Dinsdag by Luthuli-huis in Johannesburg.
Orkaan Irene rig groot skade aan
Minstens 21 mense is dood nadat orkaan Irene die naweek verwoesting gesaai het aan die Amerikaanse ooskus.
Mees gesoekte misdadiger weer vas, vandag in hof
Een van die land se mees gesoekte misdadigers, Bongani Moyo, sal Maandag in die Pretoria landdroshof verskyn nadat hy die naweek weer in hegtenis geneem is.
Man op foto het kind glo betaal om só te poseer
Die Valke het aan Beeld bevestig dat die man wat in ʼn opspraakwekkende foto verskyn waarin hy met ʼn geweer oor die liggaam van ʼn swart kind staan, die kind glo betaal het om só te poseer.
Man deur luiperd aangeval
‘n Man is ernstig beseer nadat hy deur ʼn luiperd aangeval is op ʼn wildreservaat in Polokwane.
Vermoorde Teazers-baas se laaste oproep glo aan vermeende moordenaar
Die vermoorde Teazers-baas Lolly Jackson se laaste oproep was glo aan die man wat van sy moord verdink word.
Valke ondersoek Facebook-foto
Die Valke het bevestig dat hy ondersoek instel na ʼn foto wat op die sosiale netwerk Facebook geplaas is waarop ʼn wit man glo met ʼn geweer oor die lyk van ʼn swart kind staan.
OB se ondersoek na Malema op ys geplaas
Die Sunday Independent berig dat verskeie ondersoeke na korrupsie, insluitend die van die ANC-jeugligaleier Julius Malema, op ys geplaas is weens ʼn geldtekort.
Pistorius maak geskiedenis op wêreldatletiekbyeenkoms
Die Paralimpiese-kampioen, Oscar Pistorius, het Sondag geskiedenis gemaak toe hy vir die eerste keer op ʼn groot byeenkoms teen liggaamlik geskikte atlete deelgeneem het tydens die Wêreldatletiekbyeenkoms in Daegu.
Regeringsamptenare in hegtenis geneem vir korrupsie
Die polisie in Mpumalanga sê 19 mense, waaronder ses polisiebeamptes en 13 beamptes van die departement van binnelandse sake, is in hegtenis geneem vir korrupsie.
TLU SA: Regering traag om brande te verhoed
Die Transvaalse Landbou Unie sê die regering voldoen nie aan wetgewing wat ten doel het om veldbrande te verhoed nie.
Bomontploffing ruk VN-gebou in Nigerië
Daar word berig dat minstens 10 mense dood is nadat ʼn bomontploffing Vrydagoggend die Verenigde Nasies (VN) se kantore in die Nigeriese hoofstad Abuja geruk het.
Derby-Lewis gaan hof nader na parool afgekeur is
Clive Derby-Lewis se regsverteenwoordiger het bevestig dat die minister van korrektiewe dienste sy aansoek om parool geweier het.