Die polisie sê daar sal binnekort ʼn identikit uitgereik word van Chanelle Henning se vermeende moordenaars.
KZN-man wil Malema ‘doodmaak’
ʼn Man van KwaZulu-Natal, geklee in ʼn ‘Superman’-skouermantel, moes vroeër die week verdoof word nadat hy by ʼn winkelsentrum op motors se enjinkappe gespring het en geskreeu het “Ek soek vir Julius Malema”.
Video’s: Airlink-vliegtuig doen noodlanding op OR Tambo
ʼn Airlink-vliegtuig moes Donderdagaand ʼn noodlanding doen op die O.R. Tambo Internasionale lughawe nadat die vliegtuig se voorwiel nie wou uitkom nie.
Ouers wat glo baba vermoor se saak uitgestel
Die verhoor van ʼn man en vrou wat glo hulle twee maande oue babaseuntjie vermoor het sal op 16 April in die Noord-Gautengse hooggeregshof hervat word.
Malema-skorsing wyd verwelkom, ANCYL gaan appelleer
Opposisiepartye en burgerlike organisasies het die ANC se nasionale dissiplinêre komitee geloof vir sy besluit om die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, vir vyf jaar uit die party te skors.
Onthoofde lyk in Knysna gevind
ʼn Man se onthoofde lyk is op ʼn rivierbank in Knysna in die Wes-Kaap gevind.
Malema geskors, moet uittree as leier
Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, is uit die party geskors en moet afstand doen van die leierskap.
Malema moet ‘voorberei om geskors te word’
Die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, moet hom voorberei om uit die regerende party geskors te word, aldus verskeie koerantberigte Donderdag.
Henning se ouers nader hof oor toesig van kleinkind
Die ouers van die vermoorde Chanelle Henning het ʼn aansoek voor die Noord-Gautengse hooggeregshof gebring om toesig van hul kleinseun te kry.
Malema hoor Donderdag sy lot
Die uitkoms van die dissiplinêre verhoor van ANC-jeugligaleier Julius Malema en vyf van sy kollegas sal Donderdag aangekondig word.
Saak teen LUR-bestuurder wat matriek omry
ʼn Saak van roekelose of nalatige bestuur is teen die Gautengse LUR, Humphrey Mmemezi, se ampsmotorbestuurder aanhangig gemaak.
OB ondersoek Derby-Lewis-parool
Die kantoor van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het bevestig dat sy ondersoek in stel na die kwessie rakende Clive Derby-Lewis se mediese parool.
LUR was in ampsmotor toe dit matriekseun tref
Die Gautengse LUR, Humphrey Mmemezi, was in sy ampsvoertuig toe dit Saterdagoggend ʼn matriekseun in Krugersdorp aan die Wes-Rand omgery het.
Polisie wil eksman ondervra na moord
Die polisie sê hulle sal binnekort die jong ma wat Dinsdagoggend in ʼn beweerde sluipmoordaanval doodgeskiet is se vervreemde man ondervra.
DA verwelkom Midvaal-verslag
Die DA het die openbare beskermer, Thuli Madonselsa, se bevindings rakende wanadministrasie in die Midvaal-munisipaliteit verwelkom.
Nóg sewe topmatrieks by UP weggewys weens “swak akademiese prestasie”
AfriForum Jeug het Dinsdag die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, gevra om dringend in te gryp oor skynbare ongeregtighede by die Universiteit van Pretoria (UP).
Skietery in Faerie Glen “was ‘n huurmoord”
Die moord Dinsdagoggend op ʼn jong ma in Faerie Glen, oos van Pretoria, “was beslis ʼn huurmoord”.
Kinders kom op Nwes-egpaar se lyke af
Die liggame van ʼn man en vrou is Maandagmiddag in ʼn veld in Koffiekraal naby Madikwe in Noordwes gevind.
ANC se eeufeesvieringe beloop meer as R100 miljoen
Die ANC het Dinsdag bekendgemaak dat sy eeufeesvieringe aanstaande jaar meer as R100 miljoen gaan kos.
Vrou wat agter stuur doodgeskiet is se naam bekend
Die vrou wat Dinsdagoggend doodgeskiet is terwyl sy in Faerie Glen, oos van Pretoria, bestuur het se naam is deur die polisie bekendgemaak.