Bruid van die Jaar se stem-en-wen-wenner aangekondig

Maroela Media het in 2022 met ʼn opwindende Bruid van die Jaar-kompetisie begin. Ons het met elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig waarna die vier seisoenebruide teen mekaar meegeding het om uiteindelik as die Bruid van die Jaar aangewys te word.

Baie geluk aan Ané Krause van Lydenburg, Mpumalanga wat uiteindelik as Maroela Media se Bruid van die Jaar 2022 aangewys is!

Lesers wat aan die stemmery vir die Bruid van die Jaar deelgeneem het, het in aanmerking gekom vir ʼn wonderlike Tupperware-geskenkpak ter waarde van R12 000!

Baie geluk aan Susan Kruger van Pretoria wat aan die stemmery deelgeneem en vir haarself dié heerlike prys losgeslaan het.

Dié geskenkpak sluit in een Universal Cookware Pot-stel, ʼn Chefseries-ketel, ʼn Extra Chef-kerwer, ʼn MicroGourmet-stoompot en ʼn geskenkbewys ter waarde van R1 500 vir gebruik in Tupperware se aanlyn winkel.

Bly ingeskakel op Maroela Media – inskrywings vir ons Bruid van die Jaar-kompetisie vir 2023 maak binnekort oop!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.