Wenner van die Vadersdag-jagkompetisie aangewys

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

As Pa moeg word vir die lewe in die stad, is ʼn wegbreek na die Bosveld net wat hy nodig het!

ʼn Maroela-leser het die kans gestaan om ʼn jagnaweek vir twee te wen na Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm in die hartjie van die Waterberge (Vaalwater-omgewing), ongeveer 230 km buite Pretoria. Luukse safaritent-verblyf, ʼn midbyt (“brunch”) en die jag van twee rooibokke is by die prys ingesluit.

Baie geluk aan CP Cloete van Pretoria. Sy ma, Amanda, het hom vir dié kompetisie ingeskryf en sê hy gaan saam met sy 12-jarige seun, Ludwig, jag. Amanda is baie opgewonde en sê dit sal Ludwig se eerste jagtog wees.

Die Cloetes kan ook met Berchtesgaden reëlings tref indien hulle graag wou opgradeer na ʼn ander spesie of ekstra bokke wou jag.

Die jagnaweek strek van ʼn Vrydag tot die Sondag, maar hul verblyf kan op versoek verleng word (die ekstra koste is dan natuurlik vir hul eie sak).

By Berchtesgaden is alle geriewe geskep met die een gedagte as prioriteit – almal wat kom kuier moet dit ervaar asof dit ʼn droom is wat waar geword het.

Berchtesgaden spog ook met ʼn vierstergradering van JagLekker en ʼn BestValue-toekenning van Afristay. Hulle is ook bekroon deur LuxLife, ʼn internasionale tydskrif met meer as 250 000 lesers as “Best Country Accommodation in Limpopo”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.