Soorte resepte:

Dié 25 plaaslike restaurante, sjefs smaak sukses by Luxe-toekennings

Lee-Ann Liebenberg se restaurateur-man, Nicky van der Walt, se restaurant, Tang, is as internasionale restaurant van die jaar aangewys. (Foto: Verskaf)

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

Nagenoeg 25 van die land se beste sjefs en kulinêre ervarings is onlangs tydens die vyfde jaarlikse Luxe Jonsson Workwear-restauranttoekennings vereer vir hul smaaklike bydrae tot die Suid-Afrikaanse gasvryheidsbedryf.

Dié gesogte toekenningsgeleentheid, wat die beste bydraes tot die Suid-Afrikaanse restaurantbedryf vereer, is voor ‘n uitgesoekte gehoor van 100 toonaangewende bedryfsfigure by die Ethos Restaurant in Rosebank, Johannesburg, aangekondig.

Tumi Mogoai, bekende Suid-Afrikaanse sjef en televisiepersoonlikheid, het as gasvrou opgetree en gevierde sjefs soos Ryan Cole, Lorna Maseko, Johannes Richer en David Higgs was onder die gaste.

Wenners word jaarliks deur ’n span anonieme koskritici sowel as ’n openbare digitale stemproses aangewys.

“Oor die afgelope nege maande het die Luxe Restaurant-toekenning-beoordelaars na top-eetervarings in Suid-Afrika gesoek. Vanaand het ons hierdie vooraanstaande restaurante en sjefs ’n platform gegee om in die kollig te wees en hul kulinêre genialiteit te vier,” het Chad Fourie, hoofbeoordelaar van die Luxe Restaurant-toekennings en besturende direkteur van die plaaslike gasvryheidsraad, oor vanjaar se wenners gesê.

Johannes Richter, hoofsjef van The Living Room in Summerhill, Pinetown, het die top-eerbewyse van sjef van die jaar huis toe geneem het, terwyl Salsify by die Roundhouse-restaurant in Kaapstad weggestap het as restaurant van die jaar.

The Living Room het ook die volhoubaarheidstoekenning ingeoes en Clara’s Barn, een van die bekroonde Afrikaanse sjef Bertus Basson se restaurante, het die toekenning vir beste Afrika-restaurant gewen.

Van die 24 restauranttoekennings, het 12 na eetplekke in die Wes-Kaap gegaan, 10 na Gauteng en 2 na KwaZulu-Natal.

Die volledige wennerslys is soos volg:

  1. Restaurant van die jaar: Salsify by die Roundhouse-restaurant
  2. Sjef van die jaar: Johannes Richter
  3. Nuwe restaurant van die jaar: Post and Pepper
  4. Styltoekenning: Mamasamba
  5. Kroeg van die jaar: Zioux
  6. Kulinêre innovasie-toekenning: Wandile Mabaso
  7. Kulinêre mediapersoonlikheid van die jaar: Lorna Maseko
  8. Opkomende kulinêre ster: Jess Van Dyk
  9. Kos/leefstylreeks van die jaar: Homegrown Tastes South Africa
  10. Gebaksjef van die jaar: Meg Meikle
  11. Pioniertoekenning: David Higgs
  12. Toekenning vir uitnemende diens: Siba – Die Restaurant
  13. Volhoubaarheidstoekenning: The Living Room by Summerhill
  14. Afrika-restaurant van die jaar: Clara’s Barn
  15. Bistro van die jaar: Embarc
  16. Kafee van die jaar: Just Teddy
  17. Fynproe-restaurant van die jaar: La Petite Colombe
  18. Roosterhuis van die Jaar: Marble
  19. Hotelrestaurant van die jaar: Siba – Die Restaurant
  20. Internasionale restaurant van die jaar: Tang Cape Town
  21. Leefstylrestaurant van die jaar: Artistry
  22. Opslaanrestaurant van die jaar: Vusi Ndlovu – Edge at the Mount Nelson
  23. Straatkos-ervaring van die jaar: Ramenhead
  24. Wyndienstoekenning: Victor Okolo
  25. Mense se gunsteling-toekenning: Homespun Blouberg
  • Die berig is gewysig sedert plasing – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carl ·

Mense se gunsteling-toekenning: Homespan Blouberg . Dit is nie Homespan nie – die restaurant se naam is Homespun

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Carl

Baie dankie dat jy ons laat weet het hiervan. Ons het die berig gewysig om die restaurant se naam reg te vertoon.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

kommentaar ·

Hoe verfrissend dat daai ou, het nou sy naam vergeet, wat Plante opdien, nie op die lys is nie, want dit beteken dat hy dalk nou behoorlike kos kan bedien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.