Soorte resepte:

Kosblik-idees vir jou tiener

(Foto: Ella Olsson/Unsplash)

Jou kinders mag dalk nog in hul laerskooldae van treintjievormige toebroodjies gehou het, maar wat op dees aarde pak ʼn mens in ʼn tiener se kosblik?

Maroela Media bied vir jou ʼn paar lekker opsies waarmee jy jou tiener kan tevrede stel.

Nachos in ʼn bottel

Bederf jou hoërskoolkind met dié lekker nachos. Dit is natuurlik nie ʼn oplossing vir elke dag van die week nie, maar sal beslis ʼn lekker watertandgereg op ʼn Vrydag wees.

Kry die volledige resep hier.

Hoemoes-en-slaai-toevoupakkie

Vervang jou tienertoebroodjies met hierdie heerlike hoemoes-en-slaai-toevoupakkie.

Hoemoes-en-slaai-toevoupakkie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Vetkoek met kerrievulsel

Wie sal nou hul neuse kan optrek vir ʼn eg Suid-Afrikaanse vetkoek? Maak hierdie vetkoeke sommer vir aandete, en bêre een of twee in ʼn bakkie om die volgende dag vir skool in te pak.

Vetkoek met kerrievulsel. (Foto: 50 Boerekosgeregte/Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Rissoles

Indien jy ʼn bobaaskok is, is hierdie rissoles ʼn heerlike plaasvervanger vir vervelige toebroodjies.

Rissoles. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Broccoli-en-neutslaai

Hierdie slaai is geskik vir jou tiener wat na haar of sy figuur kyk.

Kry die volledige resep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.