Soorte resepte:

Resep: Laerskool Bakenkop se biltong-en-aartappelballetjies

KosMosTyd. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

ʼn Heerlike peuselhappie; die hele familie sal hul vingers aflek.

Bestanddele

  • 500 ml kapokaartappel, afgekoel
  • 100 ml mayonnaise
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • 5 ml sout
  • fyn biltong

Metode

  1. Meng die kapokaartappel, mayonnaise, cheddarkaas en sout goed saam in ’n groot mengbak.
  2. Rol klein balletjies (ongeveer 3 cm in deursnee) van die aartappelmengsel.
  3. Indien die aartappelmengsel te slap is, kan nog kapokaartappel bygevoeg word.
  4. Rol elke balletjie in die fyn biltong tot dit goed bedek is.
  5. Druk ’n peuselstokkie in elke balletjie en sit voor op ’n plat opdienbord.

KosMosTyd kan teen R150 hier aangeskaf word. Skryf hier in om ‘n kans te staan om ‘n eksemplaar van KosMosTyd te wen.

Bron: KosMosTyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.