Soorte resepte:

Resep: Aarbei-stokkielekkers

Aarbei-stokkielekkers (Foto: Lapa-uitgewers)

Jy benodig ’n suikertermometer vir hierdie resep.

Lewer 6 porsies

Metode

  • 165 g (190 ml) strooisuiker
  • 160 ml vloeibare glukose
  • 5 ml kleursel
  • 15 ml aarbeigeursel
  • 6 roomysstokkies

Bestanddele

  1. Spuit 2 plat metaal bakplate met kleefwerende kossproei.
  2. Verhit die suiker en glukose vir 6-7 minute in ’n middelslagkastrol oor lae hitte of tot die suiker opgelos is. Moenie roer nie.
  3. Bring die stroop tot kookpunt en prut vir 7-8 minute tot dit die hardekraak-stadium (164 °C) op ’n suikertermometer bereik. Dit moet ’n ligte karamel kleur hê.
  4. Verwyder van die hitte en roer die kleursel en aarbeigeursel by. Spuit ’n 10 cm-ronde koekiedrukker met kleefwerende kossproei en sit op die voorbereide bakplaat.
  5. Gooi die warm karamel in die vorm. Laat staan vir ’n paar sekondes. Verwyder die vorm en druk die stokkie in die warm stroop. Herhaal met die res.
  6. Laat die stokkielekkers kliphard word voordat jy hulle van die bakplaat haal.

Bron: Lekker & vinnig: Lekkers (Uit: Rooi Rose- versamelresepte deur Vicky de Beer)

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bokkie ·

Lekker groot stokkielekker – kleintjies sal daai mondjies omtrent moet rek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.