Soorte resepte:

Resep: Sorgelose sjokolademousse

Sorgelose sjokolademousse. (Foto: Lapa Uitgewers)

Wie sal nou vir hierdie sjokoladegereg kan nee sê?

Lewer 5-6 porsies.

Bestanddele

  • 2 blikke kekerertjies,
  • gedreineer en afgespoel
  • 5 e rou heuning
  • 100 g amandelbotter
  • 1 t vanieljegeursel
  • 2 t karamelgeursel
  • 1 t woestyn- of pienk sout
  • 2 opgehoopte e kakao (ek verkies rou kakao)
  • 2 eiers

Garnering

  • amandelmeel
  • amandelvlokkies
  • kakaopoeier
  • vars bessies
  • vars mentblare

Metode

  1. Maak die kekerertjies fyn in ‘n voedselverwerker. Die tekstuur is baie belangrik, maak dus seker dat dit mooi fyn is, anders sal die mousse klonterig wees.
  2. Voeg die res van die bestanddele behalwe die eiers by en meng goed.
  3. Klits die eiers vir sowat ‘n minuut met ‘n elektriese klitser en voeg by die kekerertjiemengsel. Klits saam teen ‘n hoe spoed vir 4-5 min tot dit die tekstuur van mousse het.
  4. Skep in kelkies of wynglase en plaas in die yskas. Garneer net voor opdiening.

Bron: Karlien kan nie kook nie
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karoo ·

Nee wat…. ek het ophou lees by….. blikke kekerertjies. Ek hou maar by die “real thing” en eet minder en minder gereeld daarvan.

Rooikopheks ·

Ek hou van kekerertjies, maar die rou eiers, nee dis waar ek nie sal kan saam eet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.